"The great outdoor living room of the city": A survey essay on the thoughts and aims of urban park development in the late 19th and early 20th century in Europe and the United States of America

Louis Grundlingh,Louis GRUNDLINGH
DOI: https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a4
2017-01-01
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
Abstract:Die stedelike park het 'n toevlugsoord geword vir stedelinge wat met armoede en oorbevolking geworstel het. Geskiedskrywing hieroor is al goed gedek, maar vandag is daar nuwe belangstelling, aangemoedig deur stedelike omgewingshistorici. Die artikel ondersoek die sieninge van veral die middelklas oor die moeilike omstandighede van die armes en werkersklasstedelinge en hoe hulle parke gesien het as een oplossing hiervoor. Voorts lê die artikel klem op hulle idees oor die natuur, gesondheid en moraliteit, sosiale beheer en middelklasfatsoenlikheid en die rol wat die stedelike park hierin gespeel het. Weliswaar het die middelklas die parke gebruik, maar dit moes ook vir die werkersklas as voorbeeld van behoorlike gedrag dien. Aandag word geskenk aan die wyse waarop landskapargitekte in hul ontwerp van die parke konkrete gestalte aan hierdie idees gegee het. Die oprigting in parke van wetenskaplike en kulturele sentrums soos glashuise, museums, kunsgalerye en ornamentele beelde het nie alleen parke verder verfraai nie, maar was ook manifestasies van burgerlike trots. Nietemin, terwyl parke bygedra het om die lewensomstandighede van stedelinge te verbeter, was dit deurgaans in kompetisie met die realiteit dat die stad se lewensaar vervaardiging en handel was en het dit nie noodwendig met die idee van 'n groot openbare ruimte daarbinne geklop nie.
social issues
What problem does this paper attempt to address?